Seniorfase (graad 7 tot 9)

Vakke

Die Seniorfase sluit nege (agt in graad 7 vir 2014) verpligte vakke in, naamlik:

  1. Huistaal
  2. Eerste Addisionele Taal
  3. Wiskunde
  4. Natuurwetenskappe
  5. Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis in graad 7, sal vanaf 2015 vir graad 8 en 9 ook aangebied word; Geografie in graad 7 – 9)
  6. Lewensoriëntering
  7. Skeppende Kunste
  8. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (graad 8 en 9; graad 7 sal vanaf 2015 aangebied word)
  9. Tegnologie.

 

Impak bied ook bykomende keusevakke in graad 8 en 9 aan, naamlik:

  1. Frans Tweede Addisionele Taal
  2. Landbouwetenskappe
  3. Rekenaartoepassingstegnologie
  4. Gasvryheidstudies
  5. Haarkappery en Kosmetiek
  6. Toerisme.

 

Die Seniorfase sluit die volgende bykomende nie-eksamenvak in:

  1. Bybelonderrig.

 

Assessering

Die formele assessering vir die Seniorfase bestaan uit ʼn toets of eksamen per kwartaal.

Formele assessering in die Seniorfase

Graad

Deurlopende assesserings-komponente
(Maart, Julie en September)

Eindjaarassessering
(November)

Slaagvereiste

7 – 9

  • Maart-toetsreeks
  • Junie-eksamen
  • September-toetsreeks
  • Eindeksamen
  • Huistaal: 50%
  • Eerste Addisionele Taal: 40%
  • Wiskunde: 40%
  • Enige ander drie verpligte vakke: 40%
  • Enige ander twee verpligte vakke: 30%